Sterling Silwer · 925

Juwele met ’n silwer randjie aan elke storie

Elke stuk word met sorg gemaak en dra die 925-stempel van egte sterling silwer. Blaai deur ons katalogus en bestel maklik en veilig via WhatsApp.

SR Katalogus

Ons Versameling

Kies ’n kategorie of soek na iets spesifieks. Voeg jou gunstelinge by die mandjie en stuur jou bestelling met een klik via WhatsApp.

SR Permanente Juwele

Wat is Permanente Juwele?

Pasgemaakte armbande, enkelbande en halssnoere wat sonder ’n slotjie aan jou vasgesweis word. Ons gebruik sterling silwer (925) of 14k gold-filled.

Die sweiswerk is vinnig en heeltemal pynloos. En sou jy die stukkie ooit wil verwyder, knip jy eenvoudig die jump ring op die kettinkie en hou dit veilig — dit kan weer vasgesweis word.

Kontak ons vir jou eie pasgemaakte stukkie, of bespreek ’n pop-up vir ’n privaat partytjie, babatee of kombuistee.

Permanente juwele is slegs per afspraak beskikbaar en kan nie aanlyn gekoop word nie — WhatsApp ons gerus vir pryse en besprekings.
WhatsApp ons oor Permanente Juwele

Oor Ons

'n Versameling Silwer Randjie juwele

Hallo, welkom!

Welkom by ons winkeltjie! Silwer Randjie Juwele is ’n klein familiebesigheid wat sterling silwer (925) juwele regoor Suid-Afrika bring. Elke stukkie word met liefde gekies — juwele wat spesiale oomblikke vier en van geslag tot geslag oorgedra kan word. Loer gerus deur die katalogus en stuur sommer ’n WhatsApp vir enige navrae!

Met liefde,

Alegra & Annette

SR Kontak

Kom Gesels

Bestel via die mandjie, of kontak ons direk vir navrae, spesiale versoeke en pasgemaakte stukke.

Alegra Fourie 079 304 7944 WhatsApp-bestellings en navrae
Annette Fourie 079 500 1673 WhatsApp en oproepe
E-pos alegra@silwerrandjie925juwele.co.za Vir kwotasies en navrae
Aflewering Landwyd via koerier PUDO / Courier Guy opsies beskikbaar
By mandjie gevoeg